Thursday, August 12, 2010

Bloeiende Haiku



Bloeiende Haiku in ‘n vervalle seisoen hiermee verwelkom ek jou my verleidende                     kamikaze liefde.

Onbetroubare
Aremoede kleurlose
Winter smaak van herfs



‘n droom of moet ek eerder verwys na ‘n persoon?

Spontane lente
kom sing saam, in my arms 
wil ek jou laat raam…



‘n verdwaalde skrywer

Ek het uit seisoene uit gehardloop, herfs het na winter gekom
Nou dans ek tune-loos en alleen op die onsigbare grondpad


Jou afro leuens het my in ‘n steenpilaar in verander

                                                 spaar my jou springkasteel alfabet los geskrywe 
                    gemake upte verdwaalde deurmekaar ambulans woorde!



Die Poplap disease

Vry uiteindelik!
Die kleur van liefde loop na my vingers toe…


Om te twyfel is mens en mens is ‘n ?

Tussen aal die gevriesde arms en blare
Is daar wel ‘n betekenis van naam!

Eros liefde

Daar is ‘n t-shirt vir elke tiepe mens in die wêreld.

No comments:

Post a Comment