Monday, August 16, 2010

Verf my met jou in my arms toe gevou




 Verf my met jou in my arms toe gevou

Verf my met depressie
Verf my met ‘n rede
Verf my met blou
Verf my met die verlede
Verf my met jou in my arms toe gevou

Vervalle sonsopkoms loop terug
Skaam loop saam,
Loop saam verloor my spore vergeet,

Transparant en verlore
Gebergte verlore eensame sinnelose woorde,

Verf my met die kleur van jou
Verf my toe sodat ek kan vergeet
Verf my op papier
Verf my in patrone
Spoeg my uit en verf my teen die muur

 Gevleg deur note op die soet strand
Gevleg deur my gedagtes my grootste vyand
Ope arms geverf met verband
Geberg in vrae en gedagtes van terpentyn en kleurlose verstand  


No comments:

Post a Comment