Monday, August 16, 2010

Painting met asyn geverf




Painting met asyn geverf

Moet nie dat hulle jou met hul intelektuele
Dance moves verlei nie.
Moet nie so lank kaalvoet loop dat jy die gevoel
Van jou voete doodloop nie.

My painting, my painting met asyn geverf…

Daar is geen raaisel of verskoning aan julle hel nie,
Jy is die curse next door
                         Jou middel klas snob
En dink daaraan…as ek nie meer hier is nie met wie gaan julle fight,
Met ‘n kamakastige persoonlikheid in julle voodoo box mee bederf?

My toneelspel, my kleurlose toneelspel…

Kruisig hom met die rock ‘n roll koors
Begrawe sy drome en verslaap sy slaap in jou ruimte
Wat beknop bevraagteken word

Hiermee sluit ek my woorde af,
Hiermee sal julle my verewig onthou..
Die waarheid is ‘n leun wat niemand wil hoor nie.

My painting, my painting met asyn geverf

No comments:

Post a Comment