Friday, August 13, 2010

‘n love letter sonder woorde




‘n love letter sonder woorde


Ek onthou dit soos gister, ek het die woordeboek verkeerd om oopgemaak
Toe sien ek jou daar staan, jy en jou akimbo pose jou beeldskone onderlaag
Woorde jy en jou Pinocchio nose. 

My voete lê vasgevang in ‘n grondpad met die stof wat my bekruip,
Hoe heerlik jou naam sê dit alles ek verstaan nie ek het dan ‘n boek met al die regte woorde in, ek het selfs my onderbroek verruil vir ‘n harnas ‘n kans om te spring van lovers lane se pas, delicious monster met ‘n outydse nasmaak hoe kon ek weer vir jou geval het?

  Poker en three ships funny kaas en verskillende kleur chips, jou Egyptian smile, jou rooi Chinese rok gevlek met die kleur van my oë selfs die nag wens vir so ‘n donker maar tog geen kleur.  Jy leen my woorde al voordat ek enigiets kan sê, onthou net om hulle weer terug te gee as ek jou ‘n halwe drukkie bye gee, my rug op jou draai en met die gang af stap.  Toemaar, ek sal verby ry en waai maak net jou oë toe terwyl jy met jou skouer teen die deurkosyn druk, deurkosyn in hierdie geval is die metafoor vir my mond.  

ek wil stop en op jou skree die volgende paar woorde wat ek skryf eindig almal met uitroep tekens ek wil op jou skree!

Ek!  Moes!  Als!  Stadig!  Vat!  Ek!  Moes!  My!  Woorde!  Tel!  inplaas!  Om!  Vir!  Jou!  Te!  Sê!  hoe!  Ek!  Voel!  Moes!  Ek!  Elke!  Woord!  Met!  Stilte!  Wash!
      Wegspoel!  Damn!  It!  Girl!  Sê!  my! Asseblief!!  Net!  Hoe!  Jy!  Voel?!!!!!!!

Of gee my minstens ‘n kans…
 
        Dit is tyd vir jou om aal my spelfoute uit te wys ek luister, ek staan soos ‘n idioot met geen plek in die kombuis…amper soos daai ander outjie wat sy gevoelens wys deur om bome te vorm met sy hande, hande?  Anyway, heel duidelik is daar niks meer om te sê of doen al wat ek onthou is ‘n halwe donker soen in ‘n plek waar ek jou nie wil ontmoet nie!  Raak ek ‘n bietjie kleingevoellig, oorhaastig?  As jy klaar gelees het aan my attempt vir die perfekte gedig...sou jy agter kom dat enigiets wat ek op hierdie oomblik doen nie naastenby perfek is sonder jou. 

Niks om oor te dink nie net nog ‘n verbrande love letter sonder woorde… 



1 comment: