Friday, August 13, 2010

VERLORE SIEL SE GEBED




VERLORE SIEL SE GEBED
  
‘n Siel so vry, ‘n maker pottebakker
Met spesiale klei en ‘n vyand
Meester in versoeking lei

Dae van donker
Dae van skuld
Lewe ek dan nog?

Valse gode dae van dood
Op straathoeke bedel vir brood?
Die verbode vrug begin praat…

Wyse man stem in my kop
Gee my raad vuurspuwende
Vierkantige, hy jaag my
Opsoek na skuiling illusie
Van ‘n draak

Nagtelose slaap gewete wat skreeu
Liefde gaan verlore ek is gevang
In sy vloot,
Ek werk nou vir die generaal,
Generaal van die dood

Is daar ‘n ruspunt gee my ‘n sein,
Verlosser, kruis, bloed gevoed
Met asyn trane van hartseer en pyn
‘n geluid wat die aarde laat dreun
Verlossing wat op almal reën

Ek het die pottebakker leer ken
Die vyand gestenig, nou is
Daar dae van lig
Dae van lewe

Liggaam van brood,
Realiteit,
Illusie is dood
Ek kan gaan slaap

Nie meer nodig om
Te skuil nie,
Stilte en vrede dit was
Geantwoord my gebede was verhoor

Die vyand het die stryd verloor.

No comments:

Post a Comment