Thursday, August 12, 2010

Liefde uit die oudedoos…die is liefde sonder d . .s




Liefde uit die oudedoos…die is liefde sonder d .  .s

Sê vir my, ken jy ‘n plek met die naam Londen?
Ek doen… jy tel jou bagasie op met jou linkerhand
En ek tel my dop op met my regter, en al trane wat nou
Val is die van die vliegtuig se vlerke af.

Sê vir my girl… hoeveel biere moet ek down
Hoeveel ure moet ek slaap
Hoeveel kilo's moet ek ry!!!!

Om van jou te vergeet…?!

Hierdie is die soort sirkus liefde die soort waarvoor ek lag maar
Die enigste probleem is dat my spookasem is klaar en die nar het
My gevoelens verkrag
Nou skryf jy ma vir my ‘n new age briefie…my engel, my liefie!!
My gevoelns vi j hetie verander nie maar die afstand tuss
Ons harte het.

Nou sit ek met ‘n blokkiesraaisel maar geen plek om jou naam in te
Vul nie geen clues!  Vir waar jy kan wees geen clues vir watse size
Is jou Liewe Jesus shoes ja girl, ja!  Noem dit mar die city blues…

Ek is niks spesiaal as jy gewonder het net ‘n plein stadsjapie wat droom
Van die plaas en ‘n ding het met sonneblomme wat kan praat,
Sê vir my girl………kan…..jy praat?

Ironies!  Stilbaai is glad nie so stil sonder jou nie alles
Beweeg
En beweeg en beweeg al wat stil staan is my hart!
Nou sit ek ma en staar na die grasdakkies oorkant die bos vallei
En ek wonder girl sit! Jy! Aan die ander kant en dink ook aan my!
Ek haat alles wat jy doen ek haat myself net om te sê dat jy dink
Ook aan my…
Jok vir my meisie jok!  Jok vir my en se dat jy dink aan my ok!!!!

Sê my girl… hoeveel biere moet ek down
Hoeveel ure moet ek slaap hoeveel kilo's moet ek ry……………………..
………………………….
Om van jou te vergeet

No comments:

Post a Comment