Friday, August 13, 2010

‘n Sonneblom se graf in die oë van haar steen




‘n Sonneblom se graf in die oë van haar steen

Hoekom voel?  Hoekom voel jy so alleen?
 Jy begrawe jou gevoelens in bitter strome,
In bitter drome! 

Geen genade,
geen genade vir jou eie pa het jy hom gevra oor die doringbome
En die snaarlose kitaar? 
Hou op skree in die winter  asseblief, ek vra jou mooi…
Die gif wat jy drink lat my dink,
dit lat my dink aan 'n tyd waarna ek verlang maar ek kruip
Eerder weg lafaard ek is te bang. 

Vat my hand, vat net nog een keer aan my!
Sonneblom skree,
 skree weer al dra jy geen kleur!
 Hou aan skree sonneblom,
skree net nog een keer!

Vertel my van liefde,
 verduidelik my net mooi,
 verduidelik genade en leen my die gesond word dose
Vir na die tyd.
 Los nou my hand los my nou alleen,

Hoekom voel? 
Hoekom voel jy so alleen?
 Jy het belowe dat jy sal bly,
jy het belowe dat ons saam in jou
Kar kon klim en wegry! 

Vat nou aan my,
gee my jou hand vat die bietjie see sand en moet dit nooit verruil nie!
Luister sonneblom, luister na die golwe…
beloftes en drome waarom dra ons nog steeds gesmelte krone?
Kyk vir my sonneblom, lig jou kop!

 Glimlag in woorde glimlag in dans, glimlag as jy my sien gee my tog nog net
                                             Een kans!              En ek sal jou van die winter af wegneem!

Ek bly verlang en tyd beweeg aan,
nou dans ek maar alleen saam met die soet dorings in die bosveld.
Snaaks genoeg ek kon sweer dat ek dit al gesê het,
maar als gebeur mos mar net weer en ek vra dan vir
Nog net een keer!

 Nou dans ek maar alleen  saam met die soet dorings in die bosveld!
Vat my hand, hou my vas en vertel vir my wat liefde is, vat net nog een keer aan my!


Sonneblom skree! 
Skree weer al dra jy geen kleur, hou aan skree sonneblomm! 
Skree net nog een keer! 

No comments:

Post a Comment