Thursday, August 12, 2010

Dansende skadu hou aan huil, jou trane laat my dink aan ‘n woord nes jy.



Dansende skadu hou aan huil, jou trane laat my dink aan ‘n woord nes jy.
Ware liefde hoe om aan die oë van die onvatbare te raak
 te luister na haar stem wat liefde maak met die nag se gefluister
Ek kan nie wag om jou te ontmoet nie
dit sal ongelukkig net in my volgende lewe moet wees
Bad saam met my in kerswas lag
 hou my vas en deel met my jou elke gedagte deel met my ‘n siel
 want ek het myne veruil vir insperasie  
nou lewe ek in vrae wat lei tot antwoorde met vraagtekens agteraan

Dans saam met my soos wat die kers se vlam se skadu voor ons al is jy nie hier nie dans 
Hou asseblief aan om te huil kers, rots jouself teen my hart sodat ek hulle kan sien dans
  Ek laat jou die keer gaan as ek terug kom sal ek my woorde saam bring
woorde wat geen klanke nodig het sodat jy hulle kan verstaan

As winter hier is waar is somer dan?

Hulle dans in vlamme rondom my
 sy het selfs al met my begin praat 
Elke oomblik vasgevang!
 In gate maar ons wil uit!

Sy het my gevra wat dink ek?
                                              My antwoord…
dit is soos om dooie mense se klere aan te trek
 ek gee nie eintlik om nie
Ek weet wat die woord beteken maar ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie
die woord laat my baie aan jou dink

Ek het gedink dat ek vry was van die kleur van jou woorde
 die geverf van jou lippe op die onsigbare canvas
van spasie en tyd,
 ‘n kunstenaar se droom

 Onbedagsame formaliteit en ‘n verskoning
         om asem te haal laat my wonder of my intensies
Nie dalk bedroewend en uitgedroog is nie? 

Twee woorde ‘n melodie syfer op ‘n bord wat staar na ‘n skaakspeler
hou jou woorde terug laat my wonder
                 Ek sal soek en in my oë sal jy bly
bly daar want die pad na my hart
                      is onwys en getee met trompet voetspore wat
Hakkel in die donker 

Flous my met jou onskuldige trant 
verlei my met kleur en rym
                                           belowe my met geen versekerdheid 
dat jy my pil is vir die pyn

Op watse bladsy van die Bybel trek ons op die oomblik?
  Laat my gou weet dis my laaste sonde in die vorm van iets wat my aan jou laat dink
Ek het jou saam met my gevoelens in die ngozi winkel ingestuur
 julle het te lank gevat toe kom soek ek na julle…
                       
 Ek drink sommer uit die bottel uit los die glas
vanaand is een van daai aande wat ek nie alleen kan wees nie!
                      
Vergewe my vergeet, vergewe my vergeet van my woorde laat hulle in hul eie sweet bekeer…
Wys my nog een keer, die keer met jou oe toe, wys my hoe om jou naam te spel sonder ‘n vloekwoord?
???
!!!!!????....??
 Wys my hoe om ‘n liefdes lied met ‘n kitaar sonder  woorde te speel…wys my hoe om van jou te vergeet!

No comments:

Post a Comment